Jou troue is ‘n fees en net soos jou huwelik, verg dit baie aandag en tyd. Laat ons ontwerp span jou help om die taak makliker te verrig. Die tyd wat mens spandeer aan beplanning in reëlings vir jou troudag bly jare saam jou as herinneringe, daarom stel ons ‘n trou uitnodiging webtuiste voor.

Hierdie uitnodigings webtuiste help om die reëlings net soveel meer vlot te laat verloop. Jy stuur slegs die skakel aan al jou gaste en hulle RSVP deur ‘n vormpie aanlyn in te vul – so maklik soos dit! Jy het ook die opsie om addisionele informasie rakend jou spesiale dag deur te gee, jy kan jou verlowings foto’s met jou gaste deel en selfs die maande, dae, ure en minute af tel!

Vir Johan en Rene het ons ‘n 5 blad webtuiste ontwerp volgens hulle brief en gebou op die nuutste tegnologie. Met ‘n goeie balans tussen blou en pienk het ons deur ontwerp hulle persoonlikhede en style uitgelig. Die ontwerpselemente sluit ook proteas, ons land se mooiste blom, in omdat dit hulle na aan die hart lê.

Die paartjie se pragtige foto’s het die gevoel van liefde beslis uitgelig in die ontwerp, terwyl ons ontwerpselemente die afronding daarvan voltooi het. Die 5 bladsye het ‘n uitnodiging, RSVP, akkommodasie, geskenk idees, en hulle ontmoeting ingesluit. Die webtuiste voorsien regtig die platvorm om soveel van jou sprokiedag se reëlings op een slag deur te gee, terwyl jy daardie tyd kan gebruik om al die praktiese reëlings in plek te kry.

Dit kan ook ‘n klein voorsmaak van die tema en gevoel van die troue deurgee, om jou gaste net nog so bietjie meer opgewonde te vir die groot dag.

Kontak ons gerus vandag, as jy reg is om jou nuwe avontuur in styl af te skop.

Johann & Rene - Trou Uitnodiging Webtuiste Ontwerp

Johann & Rene - Trou Uitnodiging Webtuiste Ontwerp

Johann & Rene - Trou Uitnodiging Webtuiste Ontwerp

Johann & Rene - Trou Uitnodiging Webtuiste Ontwerp

Spread the awesomeness
WhatsApp
Telegram
Email
Phone
Messenger
Messenger
WhatsApp
Phone
Email
Telegram