Elke jaar het sy eie unieke vooruitsug en kort sy eie unieke benadering. Met die leiding van die LCF bestuur span, word ons met ‘n jaartema voorgelê en ons span van grafiese ontwerpers sit dit dan om in ‘n reeks getemade ontwerpe. Elke ontwerp deel die gevoel van die tema, maar het ook sy eie fokus en boodskap. Elke kursus en geleentheid wat deel vorm van die algehele jaartema deel dieselfde gevoel.

Oor die jare het ons al so ‘n variasie van tema ontwerpe uitgelê vir LCF. As ons terug kyk daarop kan mens die seën wat elke jaar op die kerk was ervaar en geestelike groei aan elke fase van die proses heg.

Natuurlik moet ons Bunnypants span die ontwerpe mooi na-dink, om te verseker dat dit steeds by die LCF handelsmerk, wat ons oorspronklik gestig het, pas.

Dis baie belangrik om in hierdie tiepe ontwerpe heeltyd onderskeid te hou tussen die handelsmerk en die ontwerp styl, maar steeds nie iets te ontwerp wat heeltemal afwyk van die algehele standaard van ontwerp vir die brand nie.

Sit jy ook in ‘n soortgelyke situasie en sukkel om nuwe tema ontwerpe vir jou besigheid te laat ontwerp? Begin jou handelsmerk oordonderend voel in jou bemarkingsontwerpe of is die standaard van ontwerp nie 100% soos jy dit sal wil hê nie?

Kontak ons gerus as jy nuwe en vars bemarkingsontwerpe soek, wat koppe draai maar steeds herkenbaar is vir jou besigheid se naam.

LCF Marketing Material Designs

LCF Marketing Material Designs

Spread the awesomeness
error: Content is protected !!
WhatsApp
Telegram
Email
Phone
Messenger
Messenger
WhatsApp
Phone
Email
Telegram