Met valentynsdag op hand, het ons dit goedgedink om ‘n romantiese nommertjie met julle te deel. Dis altyd so wonderlik om die liefde van ‘n paartjie wat op trou staan, te ervaar en in ons ontwerpe vas te vang.

Wat ‘n voorreg om vir Nadine en Willem hulle trou ontwerpe te skep en so bietjie van ‘n ‘skelm kyk’ in hulle liefdesverhaal te sien. Deel van die ontwerpe wat ons gemaak het vir hulle is ’n webtuiste, ‘n spyskaart en ‘n omhulsel wat deel van hulle dankie se geskenk geword het.

Hulle ontwerp style was gesofistikeerd en elegant wat gekoppel was met ‘n pragtige, sagte kleur palet van perske, wit, “dusty” pienk, “blush” pienk, silwer en groen. Ons het dit met ‘n mooi grys gekombineer om net steeds daai stylvolle gevoel te behou.

Iets wat ook ’n groot fokus punt vir die paartjie was, is die prentjie van ‘n kompas wat Noord en Wes veral uitlig. Die simboliek daarvan is pragtig en verwys terug na hulle name en spreek tot die rigting wat hulle in mekaar uitbring. Al hierdie ontwerp riglyne, gekombineer met hulle verlowingsfotos het die geheelbeeld van liefde op hulle ontwerpe net voltooi.

Ons kan nie wag om te sien wat julle inspirasie vir ontwerpe is nie, so wikkel nou en kry julle projek op ons lysie.

images portfolio nadine willem nadine willem trou spyskaart ontwerp

images portfolio nadine willem trou webwerf ontwerp tuisblad

images portfolio nadine willem trou webwerf ontwerp uitnodiging

images portfolio nadine willem trou webwerf ontwerp ons verhaal

Spread the awesomeness
WhatsApp
Telegram
Email
Phone
Messenger
Messenger
WhatsApp
Phone
Email
Telegram