As part of our Breast Cancer Awareness Campaign, we are proud to share a bit more about our sponsors. Today we are introducing Troukoors:

Troukoors is jou daaglikse bron van trou-inspirasie… alles wat jy nodig het voor én na die troue.

Troukoors is die tydskrif wat net aanhou gee! Hierdie elegante tydskrif het ‘n moet hê item geword vir enige bruid of trouorganiseerder. Met hordes artikels oor elke aspek van jou troudag en raad wat jou uit ‘n knyp kan red, is hierdie tydskrif die vriendin wat jy altyd wou hê.

Troukoors is wel nie net ‘n tydskrif nie, maar ook ‘n blog en ‘n boek wat seker maak dat geen bruid verlore hoef te voel in die reelings van haar groot dag nie. Jy kan enige tyd op hulle blog gaan loer waaroor hulle skryf en jy is gewaarborg om te kry waarna jy soek.

Wanneer jy verloof raak is daar baie meer aspekte van die troue om oor te besluit, as wat jy aanvanklik dink. In Troukoors se klein swart boek beantwoord die Troukoorsspan al die vrae en gee praktiese raad, soos…

  • Wat is die bewoording en etiket vir uitnodigings;
  • Wat moet die strooimeisies en -jonkers doen;
  • Watter toesprake moet gelewer word en wanneer;
  • Wat is die seremoniemeester se verantwoordelikhede; en
  • 34 ander vrae wat bruide het.
  • Die boek sluit ook handige hulpmiddels in wat gebruik kan word voor en op die dag van die troue…
  • ’n Begroting sodat jy van niks vergeet nie;
  • ’n Tydlyn wat jy op die dag kan volg;
  • ’n Gastelys en tieklysies vir kiekies en musiek;
  • ’n Plek vir notas en telefoonnommers wat jy byderhand moet hê; en
  • ’n Telefoonboekie met handuitgesoekte diensverskaffers.

Koop die tydskrifte en boeke by www.troukoors.co.za, Clicks, Pick ‘n Pay, Spar, OK, Checkers en nog vele meer. Lees hulle blog en volg hulle op Facebook vir die mooiste trou idees! Vir enige navrae kontak hulle gerus by [email protected].

From the team at Bunnypants, we would like to thank Troukoors for participating in our BREAST CANCER AWARENESS COMPETITION. They will be sponsoring a hamper to the value of R350!

Spread the awesomeness
error: Content is protected !!
WhatsApp
Telegram
Email
Phone
Messenger
Messenger
WhatsApp
Phone
Email
Telegram