Soms is die grootste probleem om alles wat jy in gedagte het vir jou troue saam te bind in een asemrowende pakkie. Kom ons help met idees oor hoe jy kleur op ‘n stylvol manier by jou formele troue kan inbring.

Die grootste ding om te onthou is om jou gekose kleur subtiel en stylvol deel te maak van jou spesiale dag. Jy kan kleur inbring deur middel van jou blomme of spesifieke dekor items, sonder om dit te oorweldigend te maak. ’n Mooi manier om jou formele troue meer kleurvol te maak is met jou uitnodigings en ontwerp items.

Probeer ook om ’n kern aksent kleur te gebruik, maar dit nie die kleur van jou troue as ‘n geheel te maak nie. Omdat jou tema formeel is, moet jy aandag daaraan gee om die items wat jou aksent kleur bevat versigtig te kies. Wees objektief hieroor en besluit of dit by ‘n formele tema gaan pas en nie net gekies word omdat dit jou aksent kleur bevat nie.

Dit kan soms moeilik raak, veral as jou aksent kleur iets is wat nie tans in al die winkels beskikbaar is nie. Maak seker dat jy jouself genoeg tyd gee om te soek na die presiese items wat jy in gedagte het, maar hou dit ook in gedagte om voor die tyd jou aksent kleur mooi te oorweeg voordat jy dit finaal as deel van jou troue inkorporeer.

Spread the awesomeness
error: Content is protected !!
WhatsApp
Telegram
Email
Phone
Messenger
Messenger
WhatsApp
Phone
Email
Telegram