So jy is verloof en te bly oor die pragtige ring aan jou vinger, die perfekte datum is gekies en julle kan nie wag om trou aan mekaar te beloof nie. Party paartjies kan oorweldig word met al die reëlings en beplanning vir die dag. Laat ons jou help met ‘n paar van die treffer tendense van 2018 wat ons kan sien uitblink in 2019.

  1. Die industriele gevoel.
    Ons het gesien dat die industriële gevoel ‘n groot oproering op sosiale media gemaak het, met enige iets van dekor tot venues wat ‘growwer’ afgewerk is en baie kaal baksteen tonele vir fotos het. Hierdie tipe venues is dan versier met of ‘n simplistiese styl tafel, wat gewoonlik wit is, of daar is met baie blomme en fein glasware.
  2. Helder kleure.
    Hierdie tendens word meestal met helderkleurige blomme geassosieer en het gewoonlik ’n kern kleur soos pienk wat gekomplimenteer word met ander helder kleure soos geel, oranje, groen en pers. Die helder kleure kan ook oorbeweeg na dekor, maar jy moet net versigtig wees om dit nie soos ’n kleur-ontploffing te laat lyk nie.
  3. Kleiner troues.
    Met die ekonomie wat dit is en hoër lewenskostes, het baie paartjies besluit om te gaan met kleiner troues wat meer intiem is en hulle toelaat om meer detail daarin te sit. Dit help om die tema van jou keuse meer vlambojant uit te leef met ’n kleiner gastelys.
  4. Vloot blou, die nuwe swart.
    Oral op die internet en op Pinterest, sowel as die res van sosiale media, sien ons vloot blou. Van die bruidegom se pak tot tema kleure en ons is mal daaroor. Jy kan dit kombineer saam met natuurlike, helder blom ruikers, blomkrone wit tafels, ens. solank jy die passievolle kleur laat uitstaan.
  5. Unieke kos en proehappies.
    Ons almal hou van lekker eet, maar kan maklik vasgevang word met die gewone elke dag opsies vir die spyskaart. Hierdie kos tendens is ’n treffer gewees in 2018 en dit is net besig om te ontwikkel soos meer en meer venues inkoop in die idée daarvan. Jy kies kleiner geregte, maar voeg gewoonlik so paar geregte by sodat jy op die ou end met so 6 of 7 kleiner gange sit, vol kos reguit uit Die Kokkedoor se kombuis.
  6. Vintage karre.
    Soos die gesegte loop: “Something old, something new, something borrowed, something blue.” Die byvoeging ‘n vintage kar maak vir die perfekte foto’s saam met meer simplistiese styl troues wat fokus op karakter, eerder as styl. Dit hoef nie eers te pas by die kleur van die troue nie en kan in puik toestand wees of bietjie roes wys hier en daar.
  7. Potplantjies.
    In die plek van duur tafel ruikers met blomme wat gou-gou ons gaan groet, is die pragtige potplantjies geplaas. Die plantjies kan of net so op die tafel geplaas word, of in geroeste staal houers wat verder byvoeg tot die tema. Dit kan soms ook dien as geskenkies aan die einde van die aand en maak dit lekker vir die gaste om hulle potjie uit te kies.
  8. Hout bly mooi.
    Ons het steeds heelwat hout gesien by troues die laaste ruk, alhoewel die fokus daarvan verander het. Dit word nou meer komplimenter gebruik en nie so erg as ’n fokuspunt nie. Of jy nou ‘n unieke ringboksie of ‘n wynfaat as tafel vir welkom drankies gebruik, wees kreatief.
Spread the awesomeness
error: Content is protected !!
WhatsApp
Telegram
Email
Phone
Messenger
Messenger
WhatsApp
Phone
Email
Telegram